10 goed wat jy nie aan potensiële huiskopers moet sê

Donderdag, Oktober 13th, 2016

 

  1. Hoeveel mense al na jou eiendom kom kyk het. Voornemende kopers mag begin wonder waarom hulle dit sou wou koop as niemand anders wou nie.
  1. Hoe stil of aktief die buurt is. Persepsies verskil en kopers mag in elk geval nie dieselfde atmosfeer of aktiwiteite as jy geniet nie.
  2. Hoeveel kinders daar in die area is of hoe naby die skole is. Jy weet nie wat die kopers se gesinsituasie is nie of wat hulle skoolreëlings mag wees nie selfs al het hulle kinders.
  3. Hoe wonderlik jou kerk is. Dit behoort ooglopend te wees maar dit is absoluut taboe om geloof of godsdiens op te haal teenoor mense wat jy nie ken nie. Jy moet in der waarheid inligting oor enige plaaslike geriewe slegs verskaf indien die koper jou ʼn spesifieke vraag vra, soos: “Hoe ver is die naaste winkels?’ of “Is daar ʼn bushalte naby?”
  4. Hoe “nuut” jou kombuis/badkamer/vloerbedekking/plaveisel/verfwerk is. Nuutheid is relatief en die kombuis wat jy twee jaar gelede oorgedoen het mag vir iemand met verskillende smaak outyds voorkom.
  5. Die feit dat jou gesin te groot vir die huis geword het. As kopers dieselfde grootte gesin het, mag hulle begin dink dit is vir hulle ook te klein.
  6. Die feit dat die huis vir jou te groot en/of te duur is om te onderhou noudat jou kinders die huis verlaat het. Kopers mag weereens begin heroorweeg of dit is wat hulle werklik benodig.
  7. Jou onlangse egskeiding. Jou kopers mag pasgetroud wees en dit kan hulle maklik afsit.
  8. Die dood van ʼn gesinslid wat jou laat besluit het om te verkoop. Sommige mense is regtig sensitief hieroor.
  9. Die feit dat jy oorgeplaas is/emigreer/alreeds ʼn ander huis gekoop het. Jou noodsaaklikheid om vinnig te verkoop mag teen jou gebruik word wanneer oor prys onderhandel word.

 

Bron: Chas Everitt

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170